Amoer-oblast

Amoer-oblast
Амурская область
Die ligging van Amoer-oblast in Rusland.
Die ligging van Amoer-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Verre-Oosterse
Ekonomiese streek Verre-Oosterse
Stigting 20 Oktober 1932
Regering
Hoofstad Blagowesjtsjensk
Leier Aleksander Kozlov
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Vergadering
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 830 103
Volgorde 61ste
Digtheid 2,28/km2
Stedelik 66,8%
Plattelands 33,2%
Statistiek
Oppervlakte 363 700 km2
Volgorde 14de
Tydsone UTC+10:00
Registrasienommer 28
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.amurobl.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Amoer-oblast (Russies: Аму́рская о́бласть, Amoerskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê aan die oewers van die Amoer- en die Zeja-rivier in die Verre-Oosterse Federale Distrik en die hoofstad is Blagowesjtsjensk.

Dit grens aan die Republiek van Sacha (Jakoetië) in die noorde, Chabarofsk-krai en die Joodse Outonome Oblast in die ooste, China in die suide en Zabaikalski-krai in die weste. Dit het in 2008 ’n bevolking van 869 600 gehad.[1]

Amoer-krai (Аму́рский край) en Priamoerje (Приаму́рье) is nie-amptelike name wat in die tyd van die Russiese Ryk gebruik is vir Russiese gebiede aan die Amoer-rivier. Dit stem min of meer ooreen met die huidige Amoer-oblast.

Die administratiewe hoofstad van die streek, Blagowesjtsjensk, is een van die oudste nedersettings in die Russiese Verre-Ooste. Dit is in 1856 gestig en is ’n tradisionele sentrum van handel en die goudmynbedryf. Die gebied kan met twee spoorlyne bereik word, die Transsiberiese Spoorlyn en die Baikal-Amoer-hooflyn.

  1. Russiese Federale Statistiekdiens. Bevolking van Russiese deelgebiede soos op 1 Januarie 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search